Kategete braai 2013

Ons aanvaar baie keer mense en dit wat hulle doen as vanselfsprekend. Die Kategete Braai was juis gebore vanuit die idee om vir mense dankie te sê. Die kategete doen dit nie omdat hulle wil hê mense vir hulle dankie moet sê nie. Soms veroorsaak hierdie dienende-ingesteldheid dat ons vergeet om vir hulle dankie te sê.

Ons het die oggend na die erediens afgeskop deur iets van die visie deur te gee van waarheen ons oppad is met die jeug. Ons het gepoog om ook vir kategete te wys waar hulle inpas in die groter prentjie van ons gemeente se jeugbedienining. Ons het ook terselfdertyd die jaar en die program geëvalueer.

Dit alles het ons so uur geneem. Die manne het reeds die vure aangesteek en toe het ons lekker saam gebraai. Natuurlik was die hoogtepunt die saam kuier en die kons ons ook saam middagete geniet.

Graag wil ons baie dankie sê vir almal wat hierdie dankie-sê-geleentheid moontlik gemaak het. Dankie vir elkeen se tyd en energie wat hulle ingesit het. Dankie vir elkeen se hulpvaardigheid. Dankie ook vir al die donasies en skenkings van vleis, wors, slaai en geldelike bydraes. Julle het dit moontlik gemaak dat ons vir hierdie super-sterre kon dankie sê op 'n eg Suid-Afrikaanse manier. Ons gaan hierdie gebeurtenis definitief 'n jaarlikse instelling maak.

Kom ons poog om op kreatiewe maniere dankie te sê vir mense om ons en spesifiek ook ons gemeentelede en mense wat hulle beskikbaar stel om die Here te dien.

 

 

 

 

 

 



† Na Bo †

© 2009-2024 NG Kerk Kraggakamma. Alle regte voorbehou.